Nomsa is 'n prinses, Sy het
almal se harte altyd laat lag, en het kalmte in siele se gemoed gebring.
Nomsa en jy is nog steeds sielsgenote en sy sal jou nooit verlaat nie. Sy
kyk nog steeds na jou. Nomsa het altyd geglimlag en met wysheid met die
mense om haar gepraat.
Vir wie sou sy bang wees? Nomsa het jou pels gedra, en unieke
persoonlikheid, saggeaard, maar ook beskermend. Altyd by jou. Hier is 'n
gedig vir jou Kathy , wat Nomsa in my ore gefluister het.
Nomsa glimlag.
Nomsa rus.
Nomsa strek haar arms uit.
Nomsa is nie alleen nie.
Nomsa sing in ons harte
en praat met ons siele.
Nomsa sweef hier by ons.
Versigtig loer sy en buite ons deure hou sy wag.
Met wysheid lig sy haar pote en vlerke.
Catherina, Cathy roep sy!!! "Jy sal saam met my wees"
Saam sal ons altyd langs die see stap.
Ek en jy alleen.
Jou beste vriendin
Zaria
xxx
No comments:
Post a Comment