
Eendag lank, lank gelede was daar 'n goue hond, met 'n spierwit string perels om haar nek, en haar naam was Nomsa.
Sy was koningin gewees oor 'n goue vrou, met baie hare; 'n gitswart seekaptein, sy naam was Inkwenkwesi die oggendster, en 'n swart kat.
Sy het almal gespieel in haar goud en vele mense help vlieg wanneer hulle nie meer kan loop nie. In die laaste jaar van haar lewe het sy haarself omspieel in die goud van die Vrouberg. En elke keer as sy op Theefontein gekom het, het sy en die Vrouberg goud geruil.
Die aand van die oggend van haar sterfte het die vrouberg goud oor die ganse vlakte gestuur as monument van liefde aan die koningin wat met reverdigheid en lig geregeer het.
Elke keer as ek na Nomsa verlang, kyk ek na die Vrouberg met die goud diep in haar hart gebere, sodat die aarde altyd kan onthou dat hierdie goue hond haar voetspore op die aarde gemaak het.
No comments:
Post a Comment