
Boon, lief Boon, jy's die beste hond in die weste, van waar die kranse
antwoord gee
tot waar die see pêrels in haar mond rondrol vir jesus se kroon, al ons bone
vir jesus se kroon, mag jy weer kom, Boon, en kom haal al jou pêrels wat jy
so blink gepolitoer het onder die maan wat soos 'n slim sekel in jou oë skyn
waar jy skelm oor die horison met nog 'n hoenderbeen verdwyn. Oor die
horison se verslete toutjie. Houtjie-van-die-galg, jy het een keer 'n drol
gelos voor 'n CEO se deur, want jy ken die verskil tussen 'n boon en 'n
drol. Soms soos 'n son-stier kon jy hol, 'n bondel goue wol, almal het
gewonder, wat het ons hier, is dit mens of dier?
Al my liefde
MRS-BEAN-LADEN, ANNELIE
No comments:
Post a Comment